Wat 'n Vraag! (Ken jy jou land?)

Posted by Paul Joubert on Monday, June 26, 2017 Under: Ken jy jou land?

Wat 'n Vraag! (Ken jy jou land?)

Die Britse Eerste Minister bly gweoonlik in Downingstraat 10. Wie bly in Downingstraat 11?

Dawid van Lill is 'n bekende vraesteller wat al sy slag op radio, televisie, in tydskrifte en op die Internet gewys het. Hy het die gewilde televisieprogram Flinkdink in 1984 en 1986 gewen. Dawid was was twaalf jaar lank programbestuurder by Punt Geselsradio. Daarna het hy besluit om van sy belangstelling in algemene kennis en feite 'n loopbaan te maak, en as inligtingsmakelaar by Think Media stel hy daagliks feite saam vir verskeie tydskrifte, koerante en webruimtes op die Internet.

Antwoord:  Die "Chancellor of the Exchequer" (Minister van Finansies) woon gewoonlik in Downingstraat 11. Toe Tony Blair in 1997 eerste minister geword het, het hy en sy gesin in die woonkwartiere van Downingstraat 11 ingetrek, omdat dit groter was as dié van no.10.

Wat 'n Vraag!
Dawid van Lill
Human & Rousseau
ISBN 0-7981-3970-6

In : Ken jy jou land? 


Tags: downingstraat 10  dawid van lill  die chancellor of the exchequer  minister van finansies  tony blair  ken jy jou land?  wat 'n vraag!