Wie was Suid-Afrika se eerste vroulike staatshoof (en tot dusver die enigste)?

Dawid
van Lill is 'n bekende vraesteller wat al sy slag op radio, televisie, in tydskrifte en op die Internet gewys het. Hy het die gewilde televisieprogram Flinkdink in 1984 en 1986 gewen. Dawid was was twaalf jaar lank programbestuurder by Punt Geselsradio. Daarna het hy besluit om van sy belangstelling in algemene kennis en feite 'n loopbaan te maak, en as inligtingsmakelaar by Think Media stel hy daagliks feite saam vir verskeie tydskrifte, koerante en webruimtes op die Internet.

Antwoord: Koningin Elizabeth II was van 1952 tot 1961 Suid-Afrika se staatshoof. Die eerste ministers wat in dié tyd aan bewind was, was net regeringshoofde. Sy is nog steeds Australië, Nieu-Seeland en Kanada se staatshoof. 

Wat 'n Vraag!
Dawid van Lill
Human & Rousseau
ISBN 0-7981-3970-6