Watter rivier vloei onderskeidelik deur die Maties en die Pukke se Universiteitsdorpe?
Dawid
van Lill is 'n bekende vraesteller wat al sy slag op radio, televisie,
in tydskrifte en op die Internet gewys het. Hy het die gewilde
televisieprogram Flinkdink in 1984 en 1986 gewen. Dawid was was twaalf
jaar lank programbestuurder by Punt Geselsradio. Daarna het hy besluit
om van sy belangstelling in algemene kennis en feite 'n loopbaan te
maak, en as inligtingsmakelaar by Think Media stel hy daagliks feite
saam vir verskeie tydskrifte, koerante en webruimtes op die Internet.
Antwoord:
Die Maties draf klas op Stellenbosch waar 'n mens die Eersterivier kry, en die Pukke studeer op Potchefstroom langs die Mooirivier.
Wat 'n Vraag!
Dawid van Lill
Human & Rousseau
ISBN 0-7981-3970-6
In : Ken jy jou land?
Tags:
maties
pukke
maties eersterivier
pukke mooirivier
maties stellenbosch
pukke potchefstroom