Watter Vrystaatse dorp was vroeër bekend as Heidelberg? Dit lê naby 'n sendingstasie wat eers bekend was as Moordenaarspoort, Caledon en Verhuellpolis, maar nou dieselfde naam as die dorp dra.

Dawid van Lill is 'n bekende vraesteller wat al sy slag op radio, televisie, in tydskrifte en op die Internet gewys het. Hy het die gewilde televisieprogram Flinkdink in 1984 en 1986 gewen. Dawid was was twaalf jaar lank programbestuurder by Punt Geselsradio. Daarna het hy besluit om van sy belangstelling in algemene kennis en feite 'n loopbaan te maak, en as inligtingsmakelaar by Think Media stel hy daagliks feite saam vir verskeie tydskrifte, koerante en webruimtes op die Internet.

Antwoord: Bethulie

Wat 'n Vraag!
Dawid van Lill
Human & Rousseau
ISBN 0-7981-3970-6