Kan ‘n volkstryd soveel vra?
Hoeveel kan ‘n jong hart gee?
Kan ‘n volk in swye bly verduur
wyl die skadu’s in die middernag
gemeng in ongebore kinderlag
met skipbrekeling van trou
en onversplinterde hart,
in vasgekluisterde vlaktewinde-
blink oor ‘n eensaam wang skuur.
Kan ‘n kloof mense so vervreem
en hoeveel kan ‘n hok
uit ‘n siel uit pers?
Kan ‘n volk werklik apaties bly staar
wyl folter ure onbeperk
deur edel uurglas spoel
en die bose se koggelhoon
elke tikkende sekond
met Bosveldkoedoe grasie
trotseer moet word?
Ek bly jou naam
steeds in ere dra,
maar hoor jý die stem
wat ook na jou hand vra?

© Gedigte van 'n Boer