Vryheidsmonument Voortrekkers het die naweek 'n "tentjie aand" aangebied vir al sy lede. En het die kinders dit nou geniet. Die kinders het in tente geslaap vrydagaand - 'n nagmars bygewoon, Narnia op die groot skerm gekyk en seker hier by 2 uur in die bed gekom!! Saterdag oggend vroeg opgestaan, ontbyt, toe 'n demonstrasie hoe om 'n skuiling te bou; springkasteel en "waterslide". Ouers is uitgenooi om potjiekos te kom hou, en teen twee uur het die die vreugdevure gebrand. Aandete uit die ongeveer 10 verskillende potjies is terdeë geniet en die kinders het poegaai, maar tevrede huiswaarts gekeer.