Tralies hang om my persoon
as sigbare slawemerk
en boei my lente,
wurg my somer
sodat my kosmosvelde
as doodskus geen spruit bied
waar die somerswaeltjie
haar nessie in wil bou.

Stilte onvou my grys harige sak,
‘n eensaam siel
wat net ‘n stem wil hoor,
net ‘n laggie wil tas.
Maar die middernag omring ‘n lood gemoed
in sterrelose beton
waar geluk deur lemmetjiesdraad
weggeskeur is van vanaand
en deur wrede realiteit van my geskei.

Smeekgebed is my daaglikse brood
en die lydensbeker my drank.
‘n Stil gees skree woordeloos
en slaan met gebalde vuis
teen ‘n stadig krimpende hart,
maar selfs die kiewiet swyg vanaand.
Ek sit in duisternis met slegs eensaamheid en verlange
as my stomme, blywende metgesel.

© Gedigte van 'n Boer