Die dag se reuse hand
waar sy vingers 
die son raak
bal sy vuis
om die son se strale
toe te vou
sprei 'n gryswit lig
egalig uit
voëls in gelid
weet dis tyd
om huis toe te gaan
wagtend loer die sterre
om die hemelhoek
die dag
die dag is moeg
en nestel knus
in die palm
van die ongesiene Hand

© Heleen Malherbe