Uzi ('n kompakte automatiese wapen wat wêreldwyd gebruik word)

Genoem na die Israelse leëroffisier, Uziel "Uzi" Gal (Gebore in Duitsland as Gotthard Glass 1923 - 2003), wat die wapen na die Arab-Israeli-oorlog van 1948 ontwerp het.

Gal het dit op vroeëre Tsjeggiese wapens gebaseer waarvolgens patrone in die loop gestoot is uit 'n magasyn wat in die greep pas. Dit is die voorkeurwapen van dwelmsmokkelaars omdat dit maklik en vinnig gelaai kan word en akkuraat skiet, selfs wanneer dit auotmaties vuur.

Die aap in jou Koffie
Anton F. Prinsloo
ISBN 978-1-86919-463-5