Suid-Afrika is die enigste Afrikaland wat duikbote besit en gebruik. SA se eerste drie duikbote is genoem: 1) SAS Johanna van der Merwe (na 'n jong Voortrekkermeisie wat 'n aanval op haar groep oorleef het), 2) SAS Emily Hobhouse (na die Engelse filantroop en maatskaplike werker in die Anglo-Boereoorlog); en 3) SAS Maria van Riebeeck (na die eggenote van Jan van Riebeeck, eerste Nederlandse kommandeur aan die Kaap). 

Die drie duikbote is later herdoop na: 1) SAS Assegaai; 2) SAS Umkhonto (isiXhosa vir 'assegaai'); en 3) SAS Spear. Die eerste van drie nuwe Tipe 209-klas duikbote, die S101 is in 2004 in Kiel, Duitsland te water gelaat. Die duikbote word beskryf as moderne, konvensioneel, aangedrewe en hoogs 'doeltreffende' vaartuie. Die gevegstelsel het 'n Duitse ontwerp, maar die onderdele sal hoofsaaklik in Suid-Afrika vervaardig word. Die eerste duikbote is in 2005 afgelewer, die tweede in 2006 en die derde in 2007. 

Van Lill se Suid-Afrikaanse Trivia
Dawid van Lill
ISBN 1-86872-927-3