GARY PLAYER -

In 1965 het Gary Player slegs die derde gholfspeler in die geskiedenis geword - na Ben Hogan en Gene Sarazen - wat al vier Grand Slam-toernooie (die Amerikaanse PGA, Die Amerkikaanse Ope, die Amerikaanse Meesters en die Britse Ope) kon wen. Player het die vier groot toernooi gedurende die volgende jare gewen:
- Britse Ope: 1959, 1968, 1974
- Amerikaanse Ope: 1965
- Amerikaanse Meesters: 1961, 1974, 1978
- Amerikaanse PGA: 1962, 1972

Hy het ook die volgende groot titels gewen:
- Wêreldputjiespeltoernooi: 1965, 1966, 1968, 1971, 1973
- Australiese Ope: 1958, 1962, 1963, 1965, 1969, 1970, 1974
- Suid-Afrikaanse Ope: 1956, 1960, 1965-1969, 1972, 1975-1977, 1979, 1981

Het jy geweet?

Gary Player se tweede naam is Jim, en sy bynaam was 'The Black Knight' omdat hy altyd swart gedra het. Hy was die voorste geldwenner in die VSA in 1961, met 'n totale prysgeld van 64,540 Dollar. In 1965 het hy die Amerikaanse Ope en die Wêreld-gholfreeks gewen, asook die individuele en spanprys (saam met Harold Henning) in die Wêreldtoernooi, die Wêreldputjiespeltitel en die Australiese Ope. Player is aan die einde van die twintigste eeu aangewys as Suid-Afrika se Sportman van die Eeu.