Die spinet verdien meer aandag. Dit is, soos Sanders in sy boek dit stel; "...het slachtoffer van een taalkundig misverstand, dat minstens zo hardnekkig is als het misverstand dat de tram...is uitgevonden door Benjamin Outramway."

Die snare van die spinet word gepluk deur die punte van penne waaraan plektra vas is. Hierdie uitsteeksels word ook soms "dorinkies" genoem. Die Latyn vir doring is spina, en in talle bronne, ook die normaalweg konserwatiewe, betroubare Concise Oxford, word dus aangedui dat die spinet sy naam daarvandaan kry. Flater. Taalkundiges aanvaar nou al 'n eeu lank dat die naam van sy uitvinder, Giovanni Spinetti, in die musiekinstrument verewig is. Spinetti was in die 16de eeu 'n instrumentmaker in Venesië en sy naam is volgens 'n berig van 1608 op 'n spinet van 1503 gesien. 

Feite, Flaters en Fiksie
Anton F. Prinsloo
ISBN  0-7981-4214-6