SLAGTERSNEK

 Long Hope, Distrik Somerset-Oos, 

 Oos-Kaap, 9.3.1816

 

O Slagtersnek, o Slagtersnek!

Hoekom moes ons soos diere vrek?

Vyf toue hang op ‘n Britse galg -

Die blote gedagte laat my walg.

Vir wie’s die galg nou opgerig?

Britse prooi stap staderig.

Wie moet deur hul trane kyk?

Hul dierbaars wag in die modder en slyk.

Wie staan daar rustig, kalm en edel?

Sal Englands offers ook nog bedel?

Die stroppe word om hul nekke gesit,

Die teken gegee, die dood ontbied!

‘n Ma het God om redding gesmeek:

Die galg - hy kraak, hy knal, hy breek!

Hul val op die onwelriekende vlei.

,,Dis ‘n Hemelsteken: Hul’s vry! Hul’s vry!”

 „Terug! Terug! Jul Boere pak!

 Hier wórd nie gesoen, hier wórd nie gelag!”

„Bevel is bevel! Die manne moet sterf!”

 Menslikheid het by die Kakies gederf!

Om die wankelnde galg te spaar en vertroetel

Het één vir één van die Boere gebuitel!

Sélfs nie die lyke was vrygegee -

Soos aas was ook dít hul bloedig trofee!

Wéét jul nie? Dis mos bekend:

Só word God se wet geskend!