1. Skoenmaker se kinders loop kaalvoet. Vrygewigheid moet by die huis begin. (The shoemaker's son always goes barefoot). EIEBELANG.

2. Ek sal my skoenmaker aan jou kleremaker voorstel. Ek sal jou skop. (I'll give you a taste of my boot. SKOP.

3. Skoenmaker hou jou by jou lees! Bemoei jou met sake waarvan jy kennis het! (Let the cobbler stick to his last) BEMOEI.

Ontleen aan die oorlewering oor die beroemde Griekse skilder, Apelles, wat tydens die regering van Aleksander die Grote een van sy werke in die openbaar tentoongestel het. 'n Skoenmaker het 'n opmerking oor een van die sandale in die skildery te make gehad. Apelles het dit toe verander. Maar toe besluit die skoenmaker om sommer sy aanmerkings tot ander aspekte van die werk uit te brei, waarop Apelles vir hom die nou bekende uitdrukking toegevoeg het. 

Spreekwoorde, en waar hulle vandaan kom
Anton F. Prinsloo
ISBN 978-1-86890-101-2