As drome eers
kom nesmaak in jou siel
en soos mos
op jou hart kom lê,
is die daeraadontwaking
die dor woestyn
se koggelskim
wat jou swerwerspad
in ‘n rigting dwing,die meerminsang
wat jou koors bepaal
en voor Edenspoort-
liederlik faal.

En as die stukkies
van jou lappieshart se skerwe
voor jou oë
die harde grond versier,
is tyd die enigste kruiebos
om jou gebroke gees 
weer te genees.

© Boerius