SIRKEL VAN DIE LEWE:

Sirkel van die lewe - 
hoe kan jy dit begryp
dat op dieselfde dag
een mens dood gaan 
en ‘n ander een gebore word?

Op een dag is jou emosies 
deurmekaar – bly oor die nuwe lewe
maar hartseer oor die een 
wat nie meer lewe nie?
die lewe staan nie stil nie

Moet dit nie eintlik anders wees?
Hartseer oor die een gebore
En bly oor die een nie meer hier
Want die lewe is moeilik en onverstaanbaar
Somtyds plein onverklaarbaar

Ja in een dag kan jou emosies eskaleer - 
Tussen hartseer en blydskap
En weet jy dat dit deel van die lewe is
Die sirkel van lewe – geboorte, lewe, dood
‘n sirkel voltooid

Lewe dus elke dag jou beste ooit
Geniet jou familie, vriende
Wees dankbaar en lewe voluit
Die lewe is kort 
Carpe diem – gaan voort!

@ Estia