Sifilis

Posted by Paul Joubert on Tuesday, October 11, 2016 Under: Woord van die Week
(Seksueel oordraagbare siekte, veneriese ontsteking)

Genoem na 'n karakter, Syphilis, in 'n gedig van 1530 deur die Italiaanse geneesheer, wiskundige, sterrekundige en digter van Verona, Girolamo Fracastoro (1478 - 1553). Die gedig se titel was Syphilis, sive Morbus Gallicus ('Sifilis, of die Franse Siekte').

Syphilis is 'n jong herder in die gedig, en ly aan die gevreesde siekte as straf omdat hy die songod, Apollo, belaster het. Uiteindelik versag die toorn van die god en gee hy vir die jong man guaiacum-boom waarvan die olie voor die Renaissance as geneesmiddel gebruik is. In ('Oor besmetting') verskyn ook die eerste beskrywing van die siekte tifus.

Die aap in jou koffie
Afrikaanse epnieme van A tot Z
Anton F. Prinsloo
ISBN 978-1-86919-463-5

In : Woord van die Week 


Tags: sifilis  seksueel oordraagbare siekte  girolamo fracastoro  songod apollo  guiacum-boom  die renaissance  tifus