Die woord 'sensus' dateer uit die vroeë 17de eeu, en kom van die Latynse woord censere, wat beteken 'om te waardeer' of 'om te takseer'. Dit is ook die wortel van die Engelse woorde 'censor' en 'censure'. Die oorspronklike betekenis verwys na 'belasting', want in antieke Rome is die registrasie van die bevolking en hul bates gebruik om belastings te bepaal.

Die eerste amptelike sensus in Suid-Afrika is op 5 Maart 1865 in die Kaapkolonie gehou, volgens die bepalings van die Sensuswet wat die vorige jaar aanvaar is. Tydens die 2001-sensus is Suid-Afrika in 80,000 telgebiede verdeel, wat elk tussen 150 en 250 huishoudings bevat het.

Statistieke Suid-Afrika het meer as 86,000 sensusopnemers in diens geneem. Suid-Afrika se totale bevolking, volgens die 1996-sensus wat 40,58 miljoen. Volgens die 2001-sensus was Suid-Afrika se totale bevolking 44,80 miljoen en 2011 - 51,77 miljoen.