Mede: 'n Wet van Mede en Perse ('n wet of reël wat onder geen omstandighede verander of herroep mag word)

Medië was 'n antieke land van Wes-Asië (vandag Azerbaijan, Koerdistan en 'n deel van Iran) waarvan die inwoners in 621 v.C. die Perse oorwin en saam met die Babiloniërs Ninevé verwoes het. In 550 v.C. is die Mede deur die Persiese heerser Cyrus die Grote verslaan. 'n Kenmerk van die Mede en die Perse was die onverbiddelikheid van hulle wette, soos dit ook in die Bybelboek Daniël 6:8 vermeld word.  

Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Anton F. Prinsloo
ISBN 978-186890-101-2