Rosettasteen (kliptablet wat in 1799 deur ene Boussard of Bouchard in Egipte gevind is en waarop 'n inskripsie in drie tale verskyn). Genoem na die stad Rosetta (tans Rashid) in die nabyheid waarvan die klip ontdek is. Die ontsluiting van die tale het daartoe gelei dat die hiërogliewe ontsyfer kon word. Die inskripsie verhaal die gunste van Ptolemeus V epifanus (205-180 v.C.) in hiërogliewe, demoties en Grieks.

Die steen is swart graniet, 114cm lank, 72cm wyd en is reeds in die Oudheid gebreek. Nadat die Franse in 1801 Egipte aan die Britte afgestaan het, is die steen na die Britse Museum in Londen verskeep.

Die Aap in jou Koffie
Afrikaanse Eponieme van A tot Z
Anton F. Prinsloo
ISBN 978-1-86919-463-5