Rondelle
Die liewe lange dag
Het ek alleen geswoeg,
En met vermoeide krag
My akkertjie geploeg. Hul sê ek moet my voeg
Na wat ek het vannag.
Maar kyk, dis môre vroeg.
Die dagbreek kom en lag; Die haan kraai vergenoeg,
Daar's nuwe werk wat wag,
En ek is aaklig moeg.
Vandag se wêreld lyk so naar
Dat ek my liewers, eer ek sterf,
Wil aftrek van die grys gevaar
Wat dreig om alles fyn te kerf.
Ons het geteer tot op die werf; Daar's niks wat werd is om te spaar;
Daar's niks wat oorbly om te erf.
Hoever ek dwaal, ek dink dis waar,
Die graan bly vassit in die gerf, En ek sal buk om op te gaar
Waar ook my spooksiel later swerf.