Alles is nie pluis nie. (Daar is êrens 'n skroef los. Nederlands pluizen = gladmaak). Hy is nie pluis nie (Hy is nie by sy volle verstand nie).

Ons sal die saak uit moet pluis. Voordat binneveer-matrasse gebruik is, is 'n matras gemaak deur 'n groot sloop (met die afmetings van die bed) met klapperhaar te vul. Na 'n paar maande was die klapperhaar platgelê. Dan is die sloop oopgemaak, die klapperhaar uitgehaal en stukkie vir stukkie met die hand losgemaak (uitmekaar getrek; gepluis) en weer in die sloop gestop. 

Wat Praat jy!
Afrikaanse Idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings
Saamgestel deur Johanna de Wet
ISBN  978-1-86919-388-1