(soort klein hondjie met 'n kenmerkende plat gesig en snorkgeluide). Genoem na die stad met die vroeëre naam Peking (nou Beijing) in China waar hulle meer as 200 jaar gelede geteel is. Hulle was die gunstelingtroeteldier aan die Chinese imperiale hof en die kleiner soort is dikwels in die mou van die keiser gedra.

Een frivole Engelse bron weet te beweer dat die brak uit die mou geloer het (Engels peek) en daarom Peek-i-neese genoem is. Die ras se bynaam Leeuhond kom van hulle voorkoms wat aan dié van die sogenaamde Chinese wakende leeus herinner. Dié was gewoonlik twee beelde wat voor paleise, graftombes, regeringsgeboue, tempels en die huise van regeringsamptenare  en welgesteldes gestaan het - so ver in die verlede as die Han-dinastie (206v.C. tot 220 n.C.)

Pekinese ly gewoonlik aan oog-, hart- en asemhalingsprobleme wat maak dat hulle nie juis oud word nie.