Afganistan
1855: Dost Mohammed, Afgaanse leier, onderteken 'n vredesverdrag met Brittanje.
Alaska
1867: Amerika koop Alaska vir 7,2 miljoen dollar by Rusland.
1965: 'n Aardbewing in Alaska registreer 7,3 op die Richterskaal.
Amassadeur
1893: Thomas Byard, eerste Amerikaanse ambassadeur in Brittanje, kom in Londen aan.
Bom
1965: Altesame 21 mense sterf en 156 word gewond to 'n motorbom voor die Amerikaanse ambassade in die voormalige Saigon, Suid-Viëtnam, ontplof.
Britse handel
1775: Die Britse parlement keur 'n wet goed wat Noord-Amerikaanse kolonies verbied om met enige ander land buiten Brittanje handel te dryf.
Doodsvonnis
1936:
Bruno Hauptmann se appel teen sy doodsvonnis misluk. (Hy is skuldig bevind aan die moord op die ontvoerde seuntjie van die vlieënier Charles Lindbergh.)
El Salvador
1980: Minstens 20 mense sterf tydens die begrafnis van die vermoorde rebelle-aartsbiskop Oscar Romero in El Salvador.
Geweld
1990: Samesprekings tussen Nelson Mandela van die ANC en die Zoeloeleier, hoofminister Mangosutho Buthelezi, om die geweld in swart woonbuurte te beëindig, misluk.
Grand Prix
1997: Jacques Villeneuve wen die Brasiliaanse Grand Prix.
Koninklike besoek
1947:
Die Britse koningsgesin soon saam met genl. J.C. Smuts 'n erediens in die Grootkerk, Bosmanstraat, Pretoria.
Krim-oorlog
1856: Die Krim-oorlog tussen Europa en Rusland eindig met die ondertekening van die Vredesverdrag van Parys.
Leiers
1966: Die Nasionale Party van dr. H.F. Verwoerd wen die algemene verkiesing. Dit is Verwoerd se laaste verkiesing voor die sluipmoord op hom 6 maande later.
1998: Victor Ciorbea, Roemeense premier, bedank weens druk oor ekonomiese hervorming.
Oscars
1955: Marlon Brando en Grace Kelly wen onderskeidelik die Oscar vir beste akteur (in On the Waterfront) en beste aktrise (in Country Girl).
1989: Die akteur Kurt Russel vra op Oscar-aand voor 'n televisie-gehoor van 1,5 biljoen mense sy mede-aanbieder, Goldie Hawn, om met hom te trou.
Sharpeville
1960: 'n Noodtoestand word afgekondig na die Sharpeville-skietery. In die Kaap masjeer sowat 30,000 swart mense na die parlement, waar hulle na onderhandelings met die polisie uiteengaan.
Sluipmoorde
1979: Airey Neave, Britse opposisiewoordvoerder, sterf in 'n motorbomaanval deur die Ierse Republikeinse Leër in Noord-Ierland.
1981: Pres. Ronald Reagan word in 'n sluipmoordaanval in Washington gewond.
Staking
1914: Sowat 100,000 mynwerkers in Brittanje staak.
Taal
1882: Jan Hofmeyr lewer 'n pleidooi vir die gebruik van Hollands as amptelike taal in die parlement, en daar is - teen die verwagting in - geen teenkanting toe dit voorgelê word nie.
Verdowingsmiddel
1842: In Amerkika gebruik dr. Crawford Long die eerste keer eter as verdowingsmiddel.

Nuusdagboek
Feite en Fratse oor 1000 jaar
Frikkie Wallis
ISBN 0-7981-4018-6