Akrobaat
1859: Charles Blondin, akrobaat van Frankryk, loop in 5 minute oor die Niagara-waterval in Amerika - die eerste mens wat dit regkry.

Balletdanser
1974: Die Russiese balletdanser, Mikhail Barishnikof loop tydens 'n toer in Kanada oor na die Weste.

Boeke
1936: Margaret Mitchell se roman Gone With the Wind word gepubliseer.
1938: Die strokiesprentkarakter Superman van die planeet Krypton maak sy verskyning.

Brug
1894: Tower Bridge in Londen word amptelik in gebruik geneem.

Diamant
1893: Die Excelsior-diamant van 971 karaat word in die Jagersfontein-myn in die Vrystaat gekry - die grootste in daardie stadium.

Geheimsinnige ontploffing
1908: 'n Geheimsinnige ontploffing by Toengoeska, Siberië, verwoes sowat 6,500km².

Grand Prix
1996: Damon Hill van Brittanje wen die Franse Grand Prix.

Nuwe leiers
1981: Garret Fitzgerald word premier van Ierland.
1998: Joseph Estrada word in Malalos beëdig as die Filippyne se 13de President.

Oorlog
1851: Die Slag van Viervoet in die Basotho-oorlog.

Parlement
1854: Die eerste verkose parlement van Suid-Afrika word in Kaapstad deur lt.goew. Charles Henry Darling geopen.

Politici vermoor
1934: In die "Nag van die lang messe" laat Adolf Hitler al sy politieke teenstanders om die lewe bring.

Reserwebank
1921: Die Suid-Afrikaanse Reserwebank word geopen.
1971: Die Reserwebank word lid van die Bank vir Internasionale Skikkings (BIS) waarvan 25 Europese lande ook lede is.

Rolprent
1960: Psycho, 'n rolprent van Alfred Hitchcock, begin draai in Amerika.

Rugby
1928: Suid-Afrika se rugbyspan klop Nieu-Seeland 17-0 in Durban.

Skote na koningin
1981: 'n Jeugdige skiet loskruitpratrone na Koningin Elizabeth in Londen.

Sokker
1996: Duitsland klop Tsjeggië in die Wembley-stadion in Londen in die eindronde van die Europese toernooi.

Spanje
1822: Rebellemagte van Spanje neem koning Ferdinand VII gevange.

Uittrede
1970: Prof. Casper H. Rautenbach tree na 22 jaar af as rektor van die Universiteit van Pretoria.

Vliegrampe
1956: 'n Vliegtuig van United Air Linies en een van TWA bots bokant die Grand Canyon in Amerika en 128 mense sterf.
1971: Drie Russiese ruimtevaarders in Sojoes 2 sterf aan 'n suurstoftekort na 'n rekord van 24 dae in die ruimte.

Nuusdagboek
Feite en Fratse oor 1000 jaar
Frikkie Wallis
ISBN0-7981-4018-6