www.myvolk.co.za

10 posts!

10 posts!

Posted 1 day ago

Vandag in die Geskiedenis: 24 Maart 1842

Nederlandse skip verhaas Britse anneksasie van Natal

Die onafhanklike republiek wat die Voortrekkers in Natal gestig het, het kortstondig bestaan. Pas nadat die militêre mag van die Zoeloes gebreek was, het die Trekkers hulle in ’n stryd met Brittanje bevind wat die aanwesigheid van die Boere in Natal nie wou duld nie. Na aanvanklike welslae moes die Trekkers, onder aanvoering van Andries Pretorius die stryd ter verdediging van hul staat gewonne gee.

Op 15 Julie 1842 het die Trekkers hulle aan Britse gesag onderwerp. By sommige het die hoop egter geleef dat hul Nederlandse stamland ’n beskermende hand na hulle sou uitsteek. Gerugte van Nederlandse bemoeienis het ontstaan nadat die skip Brazilia op 24 Maart 1842 in Port Natal aangekom het. Aan boord was ene JA Smellekamp wat die Trekkers goedgesind was en verwagtinge van Nederlandse ingryping by hulle gewek het.

Hierdie gerugte het egter juis Brittanje sneller laat optree. Terwyl hy tevore wars van uitbreiding was, is die anneksasie van Natal eensklaps goedgekeur en het die goewerneur sir George Napier Natal op 12 Mei 1842 by wyse van proklamasie tot Britse kolonie verklaar.

’n Maand later, op 9 Junie, het Henry Cloete, wat as kommissaris in Natal benoem is, die proklamasie van 12 Mei op ’n byeenkoms van 400-500 Trekkers in Pietermaritzburg uiteengesit. Dit was ’n bra stormagtige byeenkoms. Weens weerstand onder ’n groep Trekkers het dit tot 8 Augustus 1842 gesloer voordat die Volksraad die proklamasie van 12 Mei aanvaar het. Vergeefs die bloed wat aan Trekkerkant vir onafhanklike bestaan gestort is.

Posted 1 day ago

Eskom’s Technical Task Team

Eskom’s Technical Task Team

Posted 2 days ago

Eskom RaadopSaal

Eskom RaadopSaal

Posted 3 days ago

Vandag in die Geskiedenis: 22 Maart 1896

Ons Klyntji was die eerste en by sy verskyning die enigste tydskrif in Afrikaans. Die Patriot, wat in 1876 verskyn het as spreekbuis vir die taalstrewe van die Genootskap vir Regte Afrikaners, het mettertyd in ’n nuusblad verander en het ongewild geraak, veral as gevolg van die veranderde politieke beleid van ds. SJ du Toit.

Om die taalstryd voort te sit, moes ’n nuwe medium gevind word. Op die eerste Afrikaanse taalkongres gehou in die Paarl in Januarie 1896 ter viering van die twintigste verjaardag van Die Patriot, is besluit om ’n Afrikaanse tydskrif in die lewe te roep wat neutraal sou staan ten opsigte van die politieke vraagstukke van daardie tyd, met SJ du Toit as redakteur.

Die tydskrif is dadelik goed ontvang deur die Afrikaner. Na 1900 het dit egter finansieel, veral as gevolg van die Anglo-Boereoorlog, al hoe slegter met Ons Klyntji gegaan, en in 1906 het die laaste uitgawe van die tydskrif verskyn.

Posted 3 days ago

Vandag in die Geskiedenis: 18 Maart 1834

18 Maart 1834: Maria Koopmans-De Wet gebore Maria Margaretha Koopmans-De Wet is in Kaapstad gebore uit een van die vooraanstaande Kaapse families. As jong dogter is sy aangegryp deur die lotgevalle van die Voortrekkers, die totstandkoming van die twee Boererepublieke en die Anti-Bandietebeweging – almal gebeurtenisse wat bygedra het om ’n vurige patriotisme te ontwikkel.

Haar woning in Strandstraat 23 het die bymekaarkomplek geword van vooraanstaande Kaapse persone en selfs Boerepresidente. Sy het daarna gestreef om die Kaaps-Hollandse tradisies en leefwyse in ere te hou deur haar te beywer vir die bewaring van die volkseie, beskerming van die inheemse flora en die bewaring van die Kasteel.

Sy lewer ook ’n wesenlike bydrae tot die uitbouing van die Hollandse taal, maar dit was veral tydens die Anglo-Boereoorlog dat haar volksdiens tot ’n hoogtepunt uitgevoer is. Haar woning het terselfdertyd die versamelplek geword van goedere wat vir Boerekrygsgevangenes en die Konsentrasiekampe bestem was. Sy is op 2 Augustus 1906 oorlede.

Posted 4 days ago

Suid-Afrika en sy ANC-Leierskap

Suid-Afrika en sy ANC-Leierskap

Posted 4 days ago
tumblr photo tumblr photo tumblr photo tumblr photo tumblr photo tumblr photo
Posted 4 days ago

Vandag in die Geskiedenis: 19 Maart 1906

Die Afrikaner wil voortleef

“Dit is asof die Here ons patriotisme nou dat ons uitgeroei is, beproef om te sien hoe sterk ons nasionaliteit is. Weet dit: as God u as Afrikaners in die wêreld gebring het, verwag Hy ook dat u as Afrikaner sal sterf.”

So het genl. Beyers, volgens ’n berig op die dag in De Volkstem in Pretoria gesê. Dit was kenmerkend van verskeie uitsprake deur politieke en kerklike leiers in die donker jare na die Anglo-Boereoorlog oor die Afrikaner se wil om voort te leef. Ds. HS Bosman sê in sy groeteboodskap van die Transvaalse Kerk aan die Kaapse Sinode: “Ons Kerk is onder, maar niet dood … ons volk is onder, maar niet dood.”

Ds. HC de Wet: “Wij blijven Afrikaners.” En genl. CR de Wet, die vasberade bittereinder, het met pres. Kruger se begrafnis op 16 Desember 1904 gesê: “Onze plicht is het te strijden voor de toekomst.”

Posted 4 days ago

Vandag in die Geskiedenis: 21 Maart 1881

Op Geloftedag 1880 het die eerste skoot van die Transvaalse Vryheidsoorlog op Potchefstroom geklap, en op 27 Februarie 1881 het die laaste geveg, ’n glansryke oorwinning vir die Boere op Amajuba plaasgevind. ’n Wapenstilstand het gevolg, en pres. JH Brand van die Oranje-Vrystaat het op die toneel verskyn om as onpartydige vriend en raadgewer die onderhandelinge tussen die Boere en Britse verteenwoordigers op 21 Maart 1881 in RC O’Neil se huis by te woon.

’n Ooreenkoms is bereik, waardeur die driemanskap van Transvaal, SJP Kruger, PJ Joubert en MW Pretorius, onderneem het om Britse susereiniteit te aanvaar. Op 3 Augustus 1881 is die Konvensie van Pretoria deur die lede van ’n koninklike kommissie aan die een kant en deur die Transvaalse driemanskap aan die ander kant onderteken. Van dié datum af het Transvaal weer selfbestuur verkry, onderworpe aan die susereiniteit van die Britse kroon, en hy sou voortaan as die Transvaalstaat bekend staan.

Deur die Londen-konvensie van 27 Februarie 1884 is die naam Zuid-Afrikaansche Republiek in ere herstel en het die republiek ’n soewerein onafhanklike staat sonder Britse susereiniteit geword.

Posted 4 days ago

Nuusdagboek 29 Maart

Posted by Paul Joubert on Tuesday, March 28, 2017 Under: Ons Geskiedenis

Nuusdagboek 29 Maart

Amerika
1952: Pres. Harry S. Truman onttrek hom aan die wedloop om die Amerikaanse presidentskap.
Beethoven
1827: In Wene, Oostenryk, woon sowat 10,000 mense die begrafnis van komponis Ludwig van Beethoven by.
Boks
1946: Rocky Graziano wen die weltergewigtitel van die wêreld toe  hy Marty Servo in New York uitslaan.
Coca-Cola
1886: Coca-Cola, 'n drankie wat dr. John Pemperton as 'n breintonikum ontwikkel het, word die eerste keer in Atlanta, Georgia, verkoop.
EEG
1985: Portugal en Spanje sluit hulle by die Europese Ekonomiese Gemeenskap aan.
Frankryk
1989: Pres. Francois Mitterrand open - om die Franse revolusie te herdenk - 'n reuse glaspiramide by die ingang van die Louvre in Parys.
Oorloë
1461: Die mag van Eduard VI, nuwe koning van Engeland, word verseker toe die soldate van Hendrik VI in die slag van Towton verslaan word.
1879: Die slag van Kambula word gelewer in die Zoeloe-oorlog.
1900: Die slag van Karee Siding word gelewer in die Anglo-Boereoorlog.
1971: Lt. Wiliam Calley kry in Amerika lewenslange tronkstraf vir die moord in 1969 op onskuldige burgerlikes in die Suid-Viëtnamese dorpie My Lai.
1973: Amerikaanse troepe word uit Suid-Viëtnam onttrek.
Robert Scott
1912: Robert Falcon Scott sterf in sy tent in Antarktika nadat hy - na die Noorweër Roald Amundsen - die Suidpool bereik het.
Royal Albert
1871: Koningin Victoria open die Royal Albert Hall in Londen.
Ruimtevaart
1974: Die Amerikaanse ruimtetuig Mariner 10 neem nabyfoto's van die planeet Mercurius.
Sluipmoorde
1792: Koning Gustaaf III van Swede word op 'n maskerbal geskiet.
1988: Dulcie September, hoofverteenwoordiger van die ANC in Frankryk, sterf in 'n sluipmoordaanval in Parys.
Stemreg
1929: Vroue ouer as 21 kry stemreg in Brittanje toe die Britse parlement dit amptelik goedkeur. Voorheen mag slegs vroue bo 30 gestem het.
Uganda
1979: Idi Amin, Ugandese diktator, vlug landuit na 7 jaar aan bewind.
Vliegtuie
1932: Jim Mollison voltooi in net langer as 114 uur sy epiese vlug van Engeland na Kaapstad.
1998: Britsh Airways verbied rook op al sy vlugte.
Vlugtelinge
1997: Minstens 89 Albanese vlugtelinge sterf toe hul bote aan die Italiaanse kus bots.

Nuusdagboek
Feite en Fratse oor 1000 Jaar
Frikkie Wallis
ISBN 0-7981-4018-6

In : Ons Geskiedenis

Tags: pres. harry s. truman amerikaanse presidentskap  dr. joh pemperton  die slag van karee siding  dulcie september anc hoofverteenwoordiger in parys  nuusdagboek frikkie wallis
www.myvolk.co.za Logo

Make a free website with Yola