Alheit
1877: Ds. Wilhelm A. Alheit word bevestig as predikant op Colesberg: hy en sy dogter verdrink in 1910 op Kleinmond.

Balletdanser
1961: Rudolf Nureyev, balletdanser van Leningrad, kry politieke asiel in Frankryk toe personeel van die Russiese ambassade in Parys weier dat hy na Londen vlieg.

Bentley
1929: Bentley-motors neem die eerste 4 plekke in die Le Mans-24-uur-uithouwedren in.

Comrades
1998: Die Russiese atleet Dmitry Grishin wen die Comrades-marathon en ewenaar ook Bruce Fordyce se rekord wat 10 jaar lank gestaan het.

Federale Mynbou
1953: Federale Volksbeleggings en Bonuskor stig Federale Mynbou eperk, die eerste Afrikaanse mynboufinansierings- en eksplorasiemaatskappy.

Gholf
1996: Steve Jones wen die groot Amerikaanse Ope-gholftoernooi.

Gibraltar
1779: Spanje verklaar oorlog teen Brittanje en die beleg van Gibraltar begin.

Hongarye
1958: Imre Nagy, voormalige premier van Hongarye, word gehang weens sy aandeel in die revolusie van 1956.

Kaping
1948: Die eerste vliegtuigkaping vind plaas toe Chinese 'n vlug van Cathay Pacific probeer kaap. Dit misluk en die vliegtuig stort neer met selgs 'n enkele oorlewende - een van die kapers.

Napoleon
1815: Nagenoeg 12,000 Pruisiese soldate en 8,500 Franse sneuwel by Ligny, België, toe Napoleon se magte die Pruise verslaan in 6 uur lange geveg.

Onderwyskollege
1965: Die Bloemfonteinse Onderwyskollege word gestig nadat die kollege van die Universitiet van die Oranje-Vrystaat losgemaak is.

Parkering
1958: Die eerste geel strepe wat "geen parkering" aandui, word in Brittanje aangebring.

Pepsi
1903: Pepsi Cola word as 'n handelsnaam geregistreer.

Skeepsramp
1896: Die Drummond Castle sink by Kaap Ushant aan die Franse kus en slegs 3 van die 245 mense aan boord - 2 bemanningslede en 1 passasier - word gered.

Soweto
1976: Die Soweto-onluste breek uit na die besluit van die destydse suid-Afrikaanse minister van onderwys om Afrikaans as onderrigmedium in swart skole in te stel. Meer as 575 leerlinge sterf in die onrus wat hierop volg.

Sowjeleier
1983: Joeri Andropof word verkies tot president van die Sowjetunie.

Swede
1654: Koningin Christina van Swede doen afstand van die troon ten gunste van haar neef, Karel Gustaaf.

Terroriste
1972: Ulrike Meinhof, laaste lid van die Baader-Meinhof-bende wat nog op vrye voete is, word deur die Duitse polisie in hegtenis geneem.
1990: Die Belgiese polisie neem lede van die Ierse Republikeinse Leër in hegtenis weens die moord op Australiese toeriste in Nederland.

Vrou in ruimte
1963: Valentina Teresjkowa van die Sowjetunie word die eerste vrou in die ruimte toe sy in Wostok 6 gelanseer word.

Nuusdagboek
Feite en Fratse oor 1000 jaar
Human & Rousseau
ISBN 0-7981-4018-6