Net met woorde

Posted by Paul Joubert on Thursday, November 19, 2015 Under: Afrikaans: Gedigte

Net met woorde
sal ek
jou gedagtes
ontvoer
net met woorde
sal ek
tot diep
in jou hart
kom loer

net met woorde
sal ek
jou leer
dat ware

liefde bestaan
net met woorde
sal ek
gisters laat
verdwyn
en liefde
se son
weer in jou
laat skyn

© Splinters se solo gedigte

In : Afrikaans: Gedigte 


Tags: afrikaanse gedigte  splinters se solo gedigte 

Make a free website with Yola