Minnelied van die Aandblom

Posted by Paul Joubert on Wednesday, October 12, 2016 Under: Afrikaans: Gedigte

Minnelied van die aandblom

Ek droom,
ek droom
met oë oop;
Verlang en wens,
begeer en hoop.
Gedagtes sprei in wye vlerk
en vind op vleuels
jou liefdeswoord,
jou wasemsagte hart bely
van môres saam
van jou en my,
van eendag as die lente blom,
’n einde aan ons winters kom.

O aandblom in die silwermaan
wat skoonste van die veldblom staan,
verlei my hart,
verlok my gees
om tot die laaste asemteug
net saam met jou
’n “ons” te wees.

© Boerius

16 Julie 2016
Zonderwater KS
Cullinan

In : Afrikaans: Gedigte 


Tags: boerius gedigte  boerius minnelied van die aandblom 

Make a free website with Yola