www.myvolk.co.za

<p>Eskom RaadopSaal<br/></p>

Eskom RaadopSaal

Posted 11 hours ago

Vandag in die Geskiedenis: 22 Maart 1896

Ons Klyntji was die eerste en by sy verskyning die enigste tydskrif in Afrikaans. Die Patriot, wat in 1876 verskyn het as spreekbuis vir die taalstrewe van die Genootskap vir Regte Afrikaners, het mettertyd in ’n nuusblad verander en het ongewild geraak, veral as gevolg van die veranderde politieke beleid van ds. SJ du Toit.

Om die taalstryd voort te sit, moes ’n nuwe medium gevind word. Op die eerste Afrikaanse taalkongres gehou in die Paarl in Januarie 1896 ter viering van die twintigste verjaardag van Die Patriot, is besluit om ’n Afrikaanse tydskrif in die lewe te roep wat neutraal sou staan ten opsigte van die politieke vraagstukke van daardie tyd, met SJ du Toit as redakteur.

Die tydskrif is dadelik goed ontvang deur die Afrikaner. Na 1900 het dit egter finansieel, veral as gevolg van die Anglo-Boereoorlog, al hoe slegter met Ons Klyntji gegaan, en in 1906 het die laaste uitgawe van die tydskrif verskyn.

Posted 11 hours ago

Vandag in die Geskiedenis: 18 Maart 1834

18 Maart 1834: Maria Koopmans-De Wet gebore Maria Margaretha Koopmans-De Wet is in Kaapstad gebore uit een van die vooraanstaande Kaapse families. As jong dogter is sy aangegryp deur die lotgevalle van die Voortrekkers, die totstandkoming van die twee Boererepublieke en die Anti-Bandietebeweging – almal gebeurtenisse wat bygedra het om ’n vurige patriotisme te ontwikkel.

Haar woning in Strandstraat 23 het die bymekaarkomplek geword van vooraanstaande Kaapse persone en selfs Boerepresidente. Sy het daarna gestreef om die Kaaps-Hollandse tradisies en leefwyse in ere te hou deur haar te beywer vir die bewaring van die volkseie, beskerming van die inheemse flora en die bewaring van die Kasteel.

Sy lewer ook ’n wesenlike bydrae tot die uitbouing van die Hollandse taal, maar dit was veral tydens die Anglo-Boereoorlog dat haar volksdiens tot ’n hoogtepunt uitgevoer is. Haar woning het terselfdertyd die versamelplek geword van goedere wat vir Boerekrygsgevangenes en die Konsentrasiekampe bestem was. Sy is op 2 Augustus 1906 oorlede.

Posted 1 day ago
<p>Suid-Afrika en sy ANC-Leierskap<br/></p>

Suid-Afrika en sy ANC-Leierskap

Posted 1 day ago
tumblr photo tumblr photo tumblr photo tumblr photo tumblr photo tumblr photo
Posted 1 day ago

Vandag in die Geskiedenis: 19 Maart 1906

Die Afrikaner wil voortleef

“Dit is asof die Here ons patriotisme nou dat ons uitgeroei is, beproef om te sien hoe sterk ons nasionaliteit is. Weet dit: as God u as Afrikaners in die wêreld gebring het, verwag Hy ook dat u as Afrikaner sal sterf.”

So het genl. Beyers, volgens ’n berig op die dag in De Volkstem in Pretoria gesê. Dit was kenmerkend van verskeie uitsprake deur politieke en kerklike leiers in die donker jare na die Anglo-Boereoorlog oor die Afrikaner se wil om voort te leef. Ds. HS Bosman sê in sy groeteboodskap van die Transvaalse Kerk aan die Kaapse Sinode: “Ons Kerk is onder, maar niet dood … ons volk is onder, maar niet dood.”

Ds. HC de Wet: “Wij blijven Afrikaners.” En genl. CR de Wet, die vasberade bittereinder, het met pres. Kruger se begrafnis op 16 Desember 1904 gesê: “Onze plicht is het te strijden voor de toekomst.”

Posted 1 day ago

Vandag in die Geskiedenis: 21 Maart 1881

Op Geloftedag 1880 het die eerste skoot van die Transvaalse Vryheidsoorlog op Potchefstroom geklap, en op 27 Februarie 1881 het die laaste geveg, ’n glansryke oorwinning vir die Boere op Amajuba plaasgevind. ’n Wapenstilstand het gevolg, en pres. JH Brand van die Oranje-Vrystaat het op die toneel verskyn om as onpartydige vriend en raadgewer die onderhandelinge tussen die Boere en Britse verteenwoordigers op 21 Maart 1881 in RC O’Neil se huis by te woon.

’n Ooreenkoms is bereik, waardeur die driemanskap van Transvaal, SJP Kruger, PJ Joubert en MW Pretorius, onderneem het om Britse susereiniteit te aanvaar. Op 3 Augustus 1881 is die Konvensie van Pretoria deur die lede van ’n koninklike kommissie aan die een kant en deur die Transvaalse driemanskap aan die ander kant onderteken. Van dié datum af het Transvaal weer selfbestuur verkry, onderworpe aan die susereiniteit van die Britse kroon, en hy sou voortaan as die Transvaalstaat bekend staan.

Deur die Londen-konvensie van 27 Februarie 1884 is die naam Zuid-Afrikaansche Republiek in ere herstel en het die republiek ’n soewerein onafhanklike staat sonder Britse susereiniteit geword.

Posted 1 day ago

Toets Tumblr

Ek toets om te sien of dit op my webtuiste gaan werk.

Posted 63 weeks ago

Min Shaw, Afrikaanse Ikoon word 81!

Posted by Paul Joubert on Thursday, November 26, 2015 Under: Só onthou ek Suid-Afrika
Een van ons Ikone word 81 vandag...As jy met haar musiek groot geword het, besoek haar Facebook blad en wens haar hartlik geluk. Min Shaw, gebore as Wilhelmina Jacoba Viviers (Johannesburg, 26 November 1934) is 'n Suid-Afrikaanse musikant.

Sy is 'n sangeres van veral ligte Afrikaanse musiek, maar later jare ook van Afrikaanse sowel as Engelse gospel. Sy het bekend geraak met die liedjie Jy is my liefling van die egpaar Cissie en Willie Cooper (wat hulle in die jare dertig gekomponeer het). Die liedjie was die temalied van die gelyknamige rolprent van 1968 waarin sy teenoor Frans Marx gespeel het.

Shaw het musieklesse op skool aan die Hoër Meisieskool Helpmekaar geneem, waar sy in st. 7 was toe Mimi Coetse in matriek was, en haar ná skool as onderwyseres bekwaam. Sy het aanvanklik in restaurante in Johannesburg en Benoni gesing, maar haar deurbraak in 1961 gehad toe sy 'n talentkompetisie van LM Radio wen. Die prys was 'n reis na Londen, waar sy ook op televisie verskyn het.

In 1989 trou sy met die liefde van haar lewe- Willie van Blerk en hulle woon tans in Roodepoort. 2011 neem Min haar nuutste album op en begin weer toer soos in die ou dae. Sy was in 2012 deel van die boek -Gee Haar 'n Roos-Die lewensverhaal van Cora Marie. Dit het gely tot deelname in die Country Legendes-'n Huldeblyk konsert reeks regdeur die land.

28 Maart 2015 was Min saam met Lance James, Clive Bruce, Tommy Dell en Shaun Mynhardt in die Kaap vir 'n Huldeblyk aan Cora Marie en Min Shaw het 'n staande ovasie ontvang toe sy op die verhoog verskyn. Niemand wou glo dat sy 80 jaar oud is nie! Haar stem kwaliteit en haar mooi gelaatstrekke is nogsteeds sprankelend en tydloos.

Op 31 Oktober 2015 was Min Shaw te sien in Pretoria by die Centurion Teater as deel van die Country Legendes-'n Huldeblyk konsert. Hierdie konsert word op DVD opgeneem en beloof om iets besonders te wees.

Op aandrang van die bekende orkesleier Dan Hill het sy plaatopnames gemaak. Dit het gelei tot die uitreiking van haar eerste solus-sewe, Kleine nagtegaal, in Junie 1966. Die plaat het goed gevaar en sy het ná ses jaar besluit om die onderwys te laat vaar en sang haar loopbaan te maak. Haar sangloopbaan is verder aangehelp deur 'n rol in die rolprent Hoor My Lied van 1967. Die Heidelied, 'n duet met Gé Korsten, bly een van Shaw se grootste treffers. Sy het ook in die rolprente Jy is my liefling 1968Die Danie Bosman Storie 1969 en Lied in My Hart teenoor Gé Korsten en Mitzi Stander gespeel.

In haar loopbaan het sy meer as 40 albums uitgereik en na raming meer as 500 liedjies opgeneem. Saam met Lance James het sy een van die gewildste Afrikaanse sangpare gevorm met trefferplate soos Bymekaar en Weer bymekaar. Nadat sy in 1975 haar lewe aan die Here toegewy het, het sy hoofsaaklik geestelike plate opgeneem.

In 2011 keer Min Shaw terug met haar eerste album in 15 jaar- God Is My Stem. Die album is goud nog voor dit op die rakke verskyn het.

Sy het drie Sarie-toekennings gekry en twee goue plate, 'n platinumplaat en 'n dubbelplatinumplaat (vir die rekordverkope van haar gospel-albums). Sy is in 1996 deur die ATKV vereer vir haar bydrae tot die bevordering van ligte Afrikaanse musiek.

In : Só onthou ek Suid-Afrika 


Tags: min shaw  wilhelmina jacoba viviers  cissie en willie cooper  frans marx  ge korsten 

Make a free website with Yola