Madame Tussauds (museum in Sentraal-Londen met wasbeelde van beroemde en berugte persone)

Genoem na die Franse kunstenaar, madame Anna Maria (Marie) Tussaud (1761 - 1850) wat die wasmuseum begin het. Berugte figure saam met die oorblyfsels van beroemde misdade word afsonderlik in 'n gruwelkamer gehou. Haar modelle van haar beroemde tydgenote soos Voltaire, Benjamin Franklin en Horatio Nelson word nog daar bewaar. 

Tussaud was 'n huishulp van 'n dr. Philippe Curtius (1741-1794), 'n geneesheer wat wasmodelle gebruik het om anatomiese verskynsels te illustreer. Later het hy ook wasportrette gemaak, waaronder een van madame Marie Jeanne Bécu, die gravin Du Barry (1743/17466-1793), die laaste minnares van koning Lodewyk XV van Frankryk. 
Tussaud het dus haar vakleerlingskap as wasmodelleerder by die dokter voltooi. Haar eerste beeld was van die Geneefse filosoof, skrywer en skepper van 18de-eeuse Romantiek, Jean-Jacques Rousseau (1712-1778). 

Die Franse koninklike familie was so ingenome met haar dat sy op besoek by hulle in die paleis in Versailles gebly het.