(wellustige jong meisie wat volwasse mans se koppe laat draai)

Genoem na die hoofkarakter, Lolita, in 'n roman van die Russies-Amerikaanse skrywer, Wladimir Wladimirowitsj Nabokof (1899 - 1977). Die Nabokof-familie was drietalig, wat Wladimir later ook benut het deur die eerste blokkiesraaaisels in Russies saam te stel. Lolita se eintlike naam in die boek is Dolores Haze, maar sy het verskeie troetelname, naamlik Dolly, Lo, Lola en dan Lolita

Die verhaal gaan oor 'n 37-jarige dosent, Humbert Humbert, wat halsoorkop verlief raak op 'n dogter (moontlik 10 tot 14 jaar oud) en met wie hy na 'n tyd saamleef. Lolita loop uiteindelik weg, Humbert spoor haar op en vermoor haar nuwe minnaar, en sterf daarna in die tronk.

Toe die roman in 1955 verskyn, het dit groot opslae gemaak - maar die gehalte van die skryfwerk was sodanig dat 'n nuwe term daarvoor geskep is, naamlik edelpornografie

Die beroemde Italiaanse filosoof en skryfer, Umberto Eco, het in 1993 'n soort parodie op die verhaal geskryf met die titel Nonita, waarin 'n sekere Umberto Umberto halsoorkop op ou vrouens verlief raak.

Die Aap in jou Koffie
Afrikaanse eponieme van A tot Z
Anton F. Prinsloo
ISBN 978-1-86919-463-5