soms, sommerso
sê ek gee vir my die pakwerk,
etikette en jou viltpen,
jou kortlys aankope...
wéét jy instinktief
ek voer iets innie mou
skimp en vis jy vir 'n vale....
sê ek oplaas ek't 'n afspraak
vir 'n full treatment by jou
haarkapster en 'n skoonheidsalon
alreeds betaal - jy moet net gaan
soms, sommerso
sien ek hoe geniet jy
die skielike verrassings
want jy wéét dit kos
'n paar pond en buig
mens se budget kwaai -
dan kom treat jy my
silly content, maak
watertand geregte,
snoes in my arms
jou kop op my bors
liefdevol soos net jy kan
tel ek elke sterretjies
soms, sommerso
in jou oë...
© ENRiCUS