Jules Léotard was 'n franse akrobaat van die middel- 19de eeu, en hy het die eenstukdrag ontwikkel wat vandag so gewild is onder uitvoerende kunstenaars wat die een of ander sprong moet waag. Daar is rede om te vermoed dat Jules ook die sweefstok uitgevind het.

Dit is ook moontlik dat die liedjie The man on the flying trapeze, wat in 1860 gepubliseer is, na hom verwys. Hy is so ongeveer R900 per week betaal om sonder 'n vangnet bo die koppe van die eters in die Alhambra in Leicesterplein in Londen op te tree. 

'n Prettige naskriffie is dat die Franse in die tagtigerjare van die 19de eeu 'n Minister van Kultuur aangestel het met die naam van Francois Léotard, maar hy het volgens alle berigte net pakke in die Parlement gedra.