Sy swak gesondheid kniehalter hom. Dit verhoed dat hy sy werk kan doen. 'n Kniehalter is 'n halterriem waarmee die kop van die perd net bokant of onderkant  die knie van een van die voorpote met 'n bepaalde slag vasgemaak word, sodat daar 'n verbindingstuk tussen kop en knie is. Wanneer die been gestrek word, word die kop af getrek, en wanneer die kop opgelig word, word die been op getrek. Die dier kan dus wei, maar sy beweging word in so 'n mate beperk dat hy nie vryelik kan rondhardloop nie.