Ek klop-klop,
die deur kraak oop...
My hart wil liewers wag,
maar my voete begin loop.

Ek weet hier binne,
wag U net vir my.
Die eerste keer wat my oë
U gesiene gaan kry.

Liefde hang soos dik mis
oral in die lug,
hoe nader ek aan U tree
hoe verder probeer my vrese vlug.

En daar net daar sien ek
my Liefde, my Jesus staan.
Hier binne voel dit of my hart wil losbreek
en self na Hom toe gaan.

Voor ek nog kon dink
aan wat om te sê vir my Heer.
Begin ek my sondes bely
en kan dit nie keer.

"Here, ek is SO jammer
vir al my sonde…
Here, hoe kon ek?
Ek is deurtrek met aardse wonde."

"Hoe kon ek so dom wees
om my tyd aan iets te bestee,
wat my forseer om verder van U
weg te tree?"

"Liewe Here, ek HAAT sonde!"
En woede begin in my opstook.
Waarop U antwoord,
"Ek ook, My kind, ek ook."

 © Zonika