Ken jy my, Afrika?
Posted by Paul Joubert on Monday, January 8, 2018 Under: Afrikaans: Gedigte
In : Afrikaans: Gedigte
Tags: ken jy my afrika afrikaanse gedigte afrikaanse gedig
Ken jy my, Afrika?
My moed plant ʼn 1652-kruis, aan die suidpunt van Afrika
en my bloed vloei Bartholomeüsnagstrepe oor die oseaan
Ek wuif die Pruise vaarwel, te voet na Amsterdam, en te skip na die Suide soos die nuwe horisonne my roep
en my Germaanse trots die Krugers en Kriges en Kleynhanse word dit wat
met Duitse durf die aarde oopkloof om hoop en lewe te bring
Vanaf die kroon se eilande kom ek Iers, en Skots, en Engels hieraan, om vir sy majesteit, en later haar majesteit, se ryk die son nooit te laat ondergaan
Maar hierdie hartsland verdeel my lojaliteite en ek kies my eie bo die nou vreemde
Ek trek
Ek trek deur Vegkop en Blaauwkrans en Weenen en staan vas voor die oormag tot die rivier bloei.
Ek trek
Ek trek tussen wit tente en kruise deur tot in my eie republieke en my eie vlae en my eie lied
En ek sing
ek sing in my eie woorde oor my eie vryheid en my eie toekoms
En ek bou en plant en groei
En my Gelofte word versoeningsbloed wat plaasmoordstrepe oor mielielande, en wingerde en velde vloei
Tot vryheidshorisonne weer roep.
Ek is Afrikaner
Ek ken jou Afrika, maar ken jy my?
Ek is Afrikaner, en as trek lê my spore diep
Ek is Afrikaner, en my spore word nie somaar deur winde van verandering uitgewis nie
Ek is Afrikaner
Ken jy my, Afrika? Want ek...ek ken jou.
Geleen van Orania Blog
In : Afrikaans: Gedigte
Make a free website with Yola