Die kalkoen het sy naam aan 'n pleknaam te danke. Oorspronklik is dit vernoem na die dorpie, Kalikoet aan die kus van Malabar in Wes-Indië, waar Kozhikode vandag is. Dit was die Kalikoetse haan, wat in 16de-eeuse Nederlands as die Kalikoetse hoen bekend gestaan het. Dit het mettertyd verslyt tot Kalikoen, en daaruit het ons woord kalkoen ontwikkel.

Die kalkoen het oorspronklik van Noord-Mexiko en die oostelike dele van die VSA gekom. Daarvandaan het dit oor 'n groot deel van die wêreld versprei. Die Franse het dit coq d'Inde, "haan van Indië", genoem omdat hulle die voël die eerste keer daar teegekom het en gedink het dit dat inheems aan Indië was. (Die Franse naam het verslyt tot hedendaagse dinde, wat duidelik die herkoms uit Indië weerspieël.) Indië het soveel van die volëls uitgevoer na Turkeye dat die Engelse weer gedink het dat die kalkoen sy oorsprong daar gehad het, en het dit dus turkey genoem.