(mens of dier wat beide manlike en vroulike seksorgane of ander seksuele kenmerke het)

Genoem na die Grieks-mitologiese wese, Hermaphroditus, seun van Hermes en Aphrodite (dié name is duidelik verenig in sy naam). Die idee van so 'n wese is in die Oosterse mitologieë gebore waar dit as 'n godheid vereer word; in die Griekse gebied het dit in Ciprus ontstaan. Volgens oorlewering was Hermaphroditus 'n uiters aanvalllige jongeling, en die fonteinnimf Salmakis in Karië het dolverlief op hom geraak. 

Sy het die gode gesmeek om hulle vir alle tye te verenig. Die resultaat was dat die eertydese knaap in 'n tweeslagtige wese verander het. 

Die Aap in jou Koffie
Afrikaanse Eponieme van A tot Z
Anton F. Prinsloo
ISBN 978-1-86919-463-5