Plek vir liggaamsoefeninge en spierontwikkeling - In antieke Griekeland het die atlete in die openbaar geoefen, en ook in hul adamsgewade. In Grieks beteken gimnasium dus op 'n manier 'kaalnaelery', plek waar mense nakend oefen (uit Grieks gumnos "nakend"). Selfs die Amerikaners het dit geweet: toe van hulle geoloë 'n nuwe soort silikaat van magnesium in die Bare Hills, Maryland ontdek het, het hulle dit heel gepas gimniet genoem na die Engelse bare ("naak"). Ook in die viskunde het dié woord 'n draai gemaak.

Die Gymnotus electricus is die sidderaal wat 'n sterk elektriese skok kan veroorsaak. Die naam is saamgestel uit gum "kaal" + noton "rug" - die aal het geen vinne op die rug nie; dus 'n naakte rug. 

'n Dief aan die Kers (skelm woorde deur die eeue)
Anton F. Prinsloo
ISBN 978-1-86890-176-0