Geroepe uit 'n Put

Posted by Paul Joubert on Thursday, August 11, 2016 Under: Afrikaans: Gedigte

Die Allerhoogste het geroep,
my gees het geantwoord: Amen!
My volk se kreet het die hemel bereik
en ’n hart het “ja” met als gesê.
My gesin die spieëling
op die brandend horison,
my kinders is slegs drome van môre
want my offers
is die stille mis
wat oor Boereland
se skemergloed verrys.
My jare tel af
in honing van snoodaards
met boeie as metgesel
en mure as folteraar.

Maar my voete het U pad nie vergeet
nóg my hande hul taak,
daarom, Troue Trooster
sal hierdie Koningskind
U roeping nooit versaak.

© Gedigte van 'n Boer

In : Afrikaans: Gedigte 


Tags: gedigte van 'n boer  afrikaanse gedigte  geroepe uit 'n put