Gee my net 'n bietjie lag
en net 'n bietjie vreugde
Bietjie liefde op my lewenspad
dat ek kan lewe vir 'n rede
Gee my 'n kers in die duister
en 'n oor wat sal luister
'n Glas wyn saam met my geliefde
en 'n kaggelvuur
'n bietjie begrip vir my hart se seerste uur
Gee my 'n hand om vas te hou
Gee my 'n oomblik wat ek altyd sal outhou
Gee my 'n slukkie kondensmelk net so uit die blikkie
en 'n southappie waaraan ek nie sal verstik nie
Gee my 'n vinger wat my ring sal dra
en 'n hart wat sal luister as ek soms oor dinge kla
Gee my 'n kinder handjie vol inkleurkryte
dat ek haar kan leer sy mag maar inkleur oor die lyne
Wys vir my hoe lyk mense wat kan leef buite die grense
Gee my ook net 'n plekkie in die son
Sodat ek ook mag rus vind waar die liefde blom
Gee my 'n soen as die lewe te veel raak
Gee my lippe wat sê ek verstaan
Gee my 'n hand wat myne nooit sal los nie
en die mooi in my sal bewonder
tot die lig deur my dowwe oë breek
Gee my elke dag 'n rede om terwyl die son nog hoog sit,
'n kers aan te steek


© Janie Davel