Vier mure omvou my
kruip nader en nader
druk my keel toe
maak my benoud
dit word so koud

stilte sif oor my neer
soos ’n nat misgordyn
alleenheid vat my vas
spookgedaante in
’n stukkende jas

allenige eensaamheid
kom sit teen my vas
soos netels aan ’n jas
soek geselskap in ou foto’s
sit meneer sit net stil
dit sal jou wel later pas

breek hier uit
vlug hier weg
wat sal dit help
sleutel is verlê
geen duiwel
gaan jou ooit
enigiets sê

krap in ou laaie
vir gister se onthou
maar wat maak dit saak
as net die donker om jou
’n sug van verligting slaak

maak oop jou oë
kyk om jou rond
miskien miskien
wanneer jy nie verwag
hou die donker
tog lig in pag.

© Landes