(boontjievormige deel van die vagina wat, na talle vrouens beweer, 'n erogene sone bevat wat tot hoë vlakke van seksuele opwekking en kragtige orgasmes kan lei as dit gestimuleer word)

Genoem na die Duitse gebore geneesheer en wetenskaplike, Ernst Gräfenberg (1881-1957) (die G kom van sy van), wat die intra-uteriene apparaat ontwikkel het. 

Hy is verder bekend vir sy studie van die rol van die vroulike genitalieë en uretra tydens orgasmes. In 1981 het twee Amerikaanse seksoloë dié deel die G-Kol ter ere van sy werk gedoop.

Die Aap in jou Koffie
Afrikaanse Eponieme van A tot Z
Anton F. Prinsloo
ISBN 978-1-86919-463-5