doeksag het die lente
se geurige soet
my kom omvou...
ruik ek jasmyn, laventel
horende die "Piet-my-vrou"
vóélend haar hitte
wat my kombers...

ja, my
hart 'n vers
wat ék verstaan
dié weet...
daar's g'n mannetjie op daai maan...
as nét 
JY dit kón verstaan...

dié verlang
die vérlang

doen wat jy móét...
kombers my met begrip...
gryp dié dag...
laat die somer 
uit my vers blom...

net jy ja...
jy
kan namakwaland se oranje, geel, rooi...
se laggende dansende daisies
op my horison laat vlam
dié tokolosie
vir ewig verban...
en
érens
sal ons skuifel, lag...
op 'n outehuis se stoep!

as dit stil raak
hadida's steeds hoor roep
wétend
die Lig het deurgebreek...

© die kaalvoetvrou