Dis n nuwe week
begin met 
n glimlag
n glimlag
uit dankbaarheid
vir al die mooi
wat die week
op jou pad
gaan kom

glimlag 
die week in
glo hoop
en vertrou
se elke oomblik
dankie dat God
jou styf in Sy
omgee arms hou
glimlag vir soveel
bodelose genade
en liefde vir jou

strooi die week
liefde orals
waar jy gaan
leef die week
as n omgee mens
gee die week
eerder as om te vra
prys eerder
as om te kla

doen elkedag
n goeie daad
dink voor jy
andwoord
dink voor jy praat
maak vir iemand
n droom waar
wees die week
net jouself

luister na jou hart
leef jou drome uit
maak God die week
deel van elke besluit

© Splinters so Solo gedigte