www.myvolk.co.za

6 plays

© Amanda Strydom

https://itunes.apple.com/za/album/ek-loop-die-pad/726617554?i=726618130

https://tunein.com/radio/Radio-Kuber-Kontrei-s263337/

Posted 3 weeks ago

Vandag in die Geskiedenis: 30 April 1961

Adv. CR Swart se laaste dag as Goewerneur-generaal van SA

Die onafhanklikheidstrewe van die Nasionale Party was van die begin af in sy grondwet ingeskryf, en in 1934 is die betrokke art. 4 verander toe vir die eerste keer daarin bepaal is dat onafhanklikheid in ’n republikeinse staatsvorm verkry moet word.

Die hoof van so ’n staat sou President heet, maar tot met republiekwording was die staatshoof nog die Goewerneur-generaal. Adv. CR Swart, lank leier van die Nasionale Party in die Vrystaat en sy lewe lank vurige republikein, het op 12 Januarie 1960 die laaste Goewerneur-generaal van SA geword, ’n pos wat hy op hierdie datum neergelê het, hangende sy verkiesing tot die eerste Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika op 31 Mei 1961.

Posted 3 weeks ago
<p>Spotprent vir die Dag: 25 jaar later…<br/></p>

Spotprent vir die Dag: 25 jaar later…

Posted 3 weeks ago

Vandag in die Geskiedenis: 29 April 1875

Begin van die Dorslandtrek

Teen die tyd het ’n aantal Transvaalse Boere begin om Transvaal te verlaat op soek na ’n beter tuiste iewers in die onbekende binneland. Die eerste trekgroep het onder leiding van Gert Alberts gestaan en was deeglik georganiseer. Die elf families wat die voortou geneem het en wat later as ’n rampspoedige onderneming sou blyk, het daarin geslaag om met redelike sukses tot by die Ngamimeer te trek.

Dit was egter die groep wat hierna onder leiding van Jan Greyling en Louw du Plessis langs die Krokodilrivier versamel het, wat die grootste teëspoed sou ervaar. Na veel oponthoud het 480 blankes en ’n aantal bediendes met 128 waens en 1058 trekosse in April 1877 die Kalahari aangedurf. Van die begin was daar al onderlinge tweespalt. Boonop was die trek geheel en al te groot vir ’n roete waar water uiters skaars was.

Op plekke moes die water lepelsgewys uitgedeel word, of modder deur handdoeke en hemde gedruk word vir vogtigheid. Die meeste van die vee is in die proses verloor en 37 mense het die eerste twee maande hul lewens gelaat. Vele sou nog later sterf. ’n Derde, dog kleiner trek het kort hierna die Kalahari veilig deurgedring.

Maar die Trek as sodanig is eers grootliks beëindig toe grondgebied teen 1881 in Angola van die Portugese owerheid verkry is.

Posted 3 weeks ago
0 plays

© Coenie de Villiers

https://itunes.apple.com/za/album/daars-n-plek-feat-steve-hofmeyr/1417454043?i=1417454669

Posted 4 weeks ago

Vandag in die Geskiedenis: 28 April 1945

Die CNO-Bewaarskool word in Pietermaritzburg geopen

Die beperking op moedertaalonderrig het groot ontevredenheid onder die Afrikaners van Natal ontketen. Uit protes teen hierdie beperking van Afrikaans as taalmedium vir onderrig, is daar op 7 Februarie 1944 in die stadsaal van Pietermaritzburg onder luide applous eenparig besluit om ’n eie CNO-Bewaarskool in die stad te stig.

Kragte is gekoördineer, en die Nasionale Instituut vir Onderwys en Opvoeding van die FAK het in samewerking met die Natalse Aksiekomitee besluit om oor te gaan tot die aankoop van ’n geskikte perseel in Pietermaritzburg waar die CNO-Bewaarskool opgerig sou word.

Daar is daadwerklik oorgegaan tot die insameling van geld, en die nodige bedrag is spoedig ingesamel. ’n Gebou is vir die bedrag van £5 500 aangekoop, en op 28 April 1945 is die CNO-Voortrekker-Bewaarskool amptelik deur prof. JC van Rooy en dr. E Greyling geopen.

Posted 4 weeks ago
0 plays

© Pieter Smith

Posted 4 weeks ago

Vandag in die Geskiedenis: 27 April 1897

Chris Blignaut gebore

Met sy voordrag van ligte, humoristies Afrikaanse liedjies, wat hy self op die ukelele begelei het, het Chris August Blignaut groot populariteit geniet en die hele land in die twintiger-dertigerjare deurreis. Die plate wat hy gemaak het, het groot aftrek gekry en ’n groot rol gespeel om die Afrikaner se sanglus aan te wakker en hom aan te spoor om in sy eie taal te sing.

Hy is op 21 Julie 1974 oorlede. Die humoristiese en platvloerse het dikwels vir Afrikaans ’n deurbraak op nuwe terreine gemaak, omdat Nederlands aanvanklik gereserveer was vir die ernstiger, dieper dinge. In ’n tyd toe populêre sang gedreig het om heeltemal te verengels en die Afrikaner gekondisioneer is om sy eie taal te verag, het Chris Blignaut se vrolike en selfversekerde sang die volk aangegryp en die besef laat posvat dat dit lekker is om in Afrikaans te sing.

Posted 4 weeks ago
11 plays

© Tarryn Lamb

https://itunes.apple.com/za/album/vier-woorde/1419608465?i=1419608855

Posted 4 weeks ago

Vandag in die Geskiedenis: 26 April 1900

Dr. WHJ Punt gebore

Willem Henry Jacobus Punt is in Pretoria gebore. As seun van Hollandse immigrante, studeer hy aanvanklik aan die staatsgimnasium in Amsterdam en later in Pretoria, waar hy in 1918 matrikuleer. In 1923 behaal hy die BA-graad aan die Universiteit van Pretoria en twee onderwysdiplomas; in 1932 die MA-graad in Aardrykskunde en in 1953 die PhD-graad aan die Universiteit van Stellenbosch met sy baanbrekerswerk Louis Trichardt se laaste skof. Vanweë sy liefde vir die behoud van die historiese oudhede en erfenisse in Suid-Afrika word dr. Punt in 1959 beginner, stigter en direkteur van die Stigting Simon van der Stel, wat hom onder meer ten doel stel om belangrikste historiese geboue van sloping te red, te bewaar en te restoureer.

In 1974 tree hy uit as direkteur. Dr. Punt was stigter van die Louis Trichardttrek-Monumentfonds, wat hom en sy komitee in staat gestel het om die Trichardt-gedenktuin in die destydse Lourenço Marques aan te lê. In 1967 word hy deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns met ’n erepenning vereer vir kultuurhistoriese prestasie, “vir volhardende navorsing, jarelange onvermoeide ywer, taai wilskrag en hooggestemde idealisme”. Dr. Willem Punt is ’n rustelose denker en ’n navorser by uitstek. Met meer as honderd wetenskaplike publikasies van kultuurhistoriese aard, word hy vandag geroem as een van die grootste kultuurhistorici wat Suid-Afrika nog opgelewer het.

Posted 4 weeks ago

Die Verhouding

Posted by Paul Joubert on Wednesday, September 2, 2015 Under: Afrikaans: Kortverhale
Op 'n manier het dit gewerk. Dit het net nie altyd so goed gevlot nie. Daar was genoeg gevoel, commitment ook, selfs die opregte begeerte om betrokke te wees. Ek sal die begin altyd as Desember onthou. Vir haar het dit vroeër al per brief begin.

Maar vir my was dit die einde van die jaar as almal op vakansie gaan. Die Transvalers, die biskoppe en die community workers. Selfs die struggle vat af en jy loop party van die activists op Sandy Bay of in die Brass Bell raak. Dis nou as y parkeerplek tussen al die Mercs en die Audi's uit Transvaal kan vind. 

Sy het daardie jaar opgedaag met 'n handvol etniese leerarmbande as Kersgeskenke vir die Kapenaars. Die eerste nag het sy reeds gesê I want you to be my lover. Ek, met Zwelethemba en Bonguletho se stront nog aan my hande, het battle fatique gepleit en om uitstel gevra.
Maar die nag daarna was dit sulke tyd en 'n week of wat later was ek selfs verlief. Ons het min politiek gepraat en sy het 'n gepaste, selfs pertinente affiniteit vir my swart en kollegas en vriende getoon. Tuis in Johannesburg was sy saans 'n Lifeline councillor en bedags het sy Engels aan 'n hoërskool in Soweto gegee. Dit was goed genoeg, and I just let go. Dit was nie meer die gebruiklike fucking to erase violence nie, maar please, let me touch your soul. En sy hetDit was die begin van die einde van nog 'n jaar van komberse, samp en boontjies op die surface en magasyne en sewe-punt-ses-twee's en thirty eight specials onder die spaarwiel. Nog 'n jaar van swart en bruin agterdog oor wie is wie in die struggle en freaked out whiteys wat iets probeer doen.
 
Kort voor Kersfees het sy I love you gehyg. Ek het my kop laat sak en ingestem. Mens kan van violence alleen nie leef nie. Ons het hand-aan-hand oor Noordhoek-strand geswerf, maar ek het geweier om saam met haar deur die Golden Acre te loop. Ek het snags niks minder gedroom nie en nog gereeld protesterend, natgesweet en met my vuiste gebal, wakker geruk. Maar sy was  'n stewige slaper. Ek moes haar herinner aan die Christmas of Concern wat weer eens landswyd deur die movement uitgeroep is, maar deur die meeste mense ignore is. Shy het haar geskenke spytig in haar tas gerrugepak. Ek het Oukersaand in die kroeg deurgebring met 'n pak wit kerse vir 'n candle-light vigil op die Parade wat toe nooit afgekom het nie.
 
Kersdag het ek polities korrek aan die ander in detensie gedink en gedrink op my eie luck. Ons het ons eerste fight gehad: oor waar ek die vorige aand was...argumente is doodnormaal, haar counselling jargon het my dwars in die keel gesit. Sy is terug Johannesburg toe met volle vertoue in 'n afstandbeheerde verhouding. Dit was net 'n kwessie van tyd en dan sou ons wel bymekaar wees. Die volgende keer in 'n shack in KTC - geweerolie aan my hande en nog 'n fokken geroeste magasyn - het ek gewonder hoe ek ooit haar twee poedels hier sal verduidelik. Met telefoonoproepe, tapes per pos, naweek- en vakansiebesoeke het ons die verhouding aanmekaar gehou. Ons het ontwykend gestruwel oor wie op boontoe of af ondertoe met verhuis. Sy had 'n huis en 'n staatsubsidie geknoop aan haar werk en my kontakte en kamerade. Sy was heimlik moeg vir Johannesburg en het in die romantiek van die Kaap geglo.  My usefulness as 'n whitey in die local townships het uitgedien geraak. Wit is 'n opvallende kleur.
 
Nadat seksie twee sonder orders van bo 'n polisie-van opgeblaas het, moes ek 'n week lank in 'n shack lê omdat die padblokkades almal voorgekeer het. Tussen stukke brood en lou mellow yellow het ook oor haar gedroom en chauv-agtig jaloers geraak by die gedagte dat sy dalk daarde milde wit heupe vir iemand anders sou gee.
 
Dae en nagte het eindeloos boring verby gesleur. Droom en werklikheid het tot mekaar geval. Tussen die vlieë en die reuk van my eie pis in 'n konfytblik en die gekibbel in Xhosa en Engels langsaan oor wat wie se skuld is, het ek gesweer iets moet verander. Dat ek net eenkeer weer in 'n intelligente gesprek wou voer, sonder slogans of jargon, oor my plek in die nuwe Suid-Afrika. Ek het die dag onthou toe ek 'n lid van die Rooi Brigade in 'n gragtehuis aan die Singel in Amsterdam ontmoet het en my eerste reaksie op Goya se Derde Mei 1808 in die Prado. God, ek was jonk.

Ook die padblokkades is opgehef en terug op kantoor het die stryd tussen socalled coloured en swart in volle gang voortgeduur. Ten koste van die ekumeniese ideaal, welsyn en education. Rolle swart plastiek het die binnehof vol gelê omdat die veldwerkers uit was op eie private trips en die man in beheer te BC-bewus om hulle in die bek te ruk. Ek het versigtig deur die mynveld van ondergrondse beskuldigings getrap na my tikmasjien en nog 'n pampflet: Waar staan u as Christen teenoor die gewapende stryd? Tussen twee tussenkoppe het ek haar gebel. Sy was nie daar nie. Tuis, later die selfde nag na whisky en steak weer 'n keer gebel, maar nog geen antwoord nie. Toe sy uiteindelik antwoord, raak ek onredelik oor die telefoon en eis 'n verduideliking. Sy, die ene verdraagsaamheid, kalmeer my met Lifeline skills. Sy was bloot Sandton toe, pragtige huis met 'n jacuzzi, om na die jongman te soek wat die armbande sny. Sou wou twee etniese halsbande vir haar poedels hê. And shame, the guy looked so bad, he is so overworked, shame man, such a warm woman, is ook bekommerd oor hom. She just had to stay and talk.

Natuurlik.

Die jaar het aangekarring met nog meer curbs, restrictions, bomaanvalle en roundups. Vierduisend kinders onder agtien in detensie en 'n verdere negeduisend van ons. My drome word simptome en ek wonder wat van my sensor geword het. Tussen Johannesburg en die Kaap het ons met ywer en opregte bedoelings voortgewoeker en my gereelde trips op boontoe het my koerierstatus begin geeOp 'n sestig-minute tape vertel sy my onder andere van Jusef, 'n gedeelde kennis van ons, wat 'n beurs gekry het en binnekort na Amerika vertrek. Hy is besig om al sy besittings te verkoop. Ek skakel die bandmasjien af. Jusef is geskool om 'n mylpaal in alternative education te word. Sy plek is hier, nie in die States nie. Met die volgende foonoproep keer ek 'n argument oor Jusef se vertrek, want ek het al weer 'n vliegkaartjie in my binnesak. Ek soek vrede vir hierdie komende week, want ek is bekommerd oor die papierwerk, en die Browning, en die ekstra magasyne met 9mm parabellums in my bagasie.

Maar dit vlot alles soos gebruiklik en haar mollige borste met die littekens van 'n lift jare gelede vergoed vir die angs. Ek verdrink in haar warmte en raak uitgeput in haar arms aan die slaap. Ons moet Jusef op Jan Smuts afsien. Ek is onvwillig, maar kry vreemd genoeg opdrag van bo. Ek moet die Browning saamneem. Op die lughawe sal hulle my vertel wat ek daarmee moet doen. Ek aanvaar dit gelate, baie gewillig om van die ding ontslae te raak. Ek trek my swart T-shirt aan en gespe die holster vas. Daar bo-oor kom 'n wye los kakiehemp. Die browing lê swaar en bewus onder my arm. Sy het die twee poedels by die kapsalon gaan haal. Hulle is geborsel en geskeer met pienk strikkies in die krulle op hulle koppe. Leisels aan hulle etniese halsbande: hulle gaan saam. Ek weier om een vas te hou. Sy is tevrede oor my toewyding laasnag en slaan kort-kort haar arms om my in Jan Smuts se vertreksaal. Ek druk haar weg, want die Browning sal wys en sy is eindeloos pissed off met my.

Sy vind Jusef. Hy staan alleen en bruin. Hulle omhels en soen en klou aan mekaar, ingenome met hulle natuurlike spontaneïteit oor die kleurgrens. 'n Groepie jong swart kamerade - ek herken sommige van hulle - daag op. Hulle loop een vir een na Jusef en groet hom met die hand. Drie drukke, duim oor duim. Hulle hou hulle eenkant en praat gedemp oor die jongste beperkings op skool. Een van hulle trek my weg agter 'n pilaar en voel na die pistool. Hy wys na Jusef. You've got to shoot him. The traitor. Wait for our sign. Long live, comrade. 

Long live se voet. Hoe ek ooit weer hier uitkom? Maar die organisasie het seker daarvoor gesorg. Die een of ander diverting action. Jare lank het ek al geweet dit gaan kom. Maar so? Op dié manier, vir so 'n weak cause? 'n Bruin knaap, jare gelede deur die komitees uitgesonder vir die education of the people. Nou gaan hy landuit, om waarskynlik nooit weer terug te kom nie. My lewe vir so 'n man? Ek hou die groepie studente dop. Hulle oë gesluier teen die haat, gerig op Jusef, op haar en die honde. Dis 'n swart-bruin ding dié en 'n whitey om die can te carry. Maar commitment is commitment. 'n Opdrag 'n opdrag. En waar sal ek, ex-Afrikaner, môre wees as ek dit nie uitvoer nie? Die teken kom. Ek ruk die Browning uit, my vinger op die sneller. Jusef is reeds besig oppad na die deur. Hy sien my nie. Ek ruk om en skiet skoot na skoot die hele magasyn in die poedels leeg.
 
My vuis bal.

Vandag vertrek Jusef na Amerika. 

Emma Huismans
Honderd Jaar van Afrikaanse Kortverhale
Saamgestel deur Abraham H. De Vries
Vyfde Hersiene Uitgawe
ISBN 0-7981-3569-7

In : Afrikaans: Kortverhale 


Tags: die verhouding  emma huismans  die verhouding emma huismans   
www.myvolk.co.za Logo