www.myvolk.co.za

10 posts!

10 posts!

Posted 29 minutes ago

Vandag in die Geskiedenis: 24 Maart 1842

Nederlandse skip verhaas Britse anneksasie van Natal

Die onafhanklike republiek wat die Voortrekkers in Natal gestig het, het kortstondig bestaan. Pas nadat die militêre mag van die Zoeloes gebreek was, het die Trekkers hulle in ’n stryd met Brittanje bevind wat die aanwesigheid van die Boere in Natal nie wou duld nie. Na aanvanklike welslae moes die Trekkers, onder aanvoering van Andries Pretorius die stryd ter verdediging van hul staat gewonne gee.

Op 15 Julie 1842 het die Trekkers hulle aan Britse gesag onderwerp. By sommige het die hoop egter geleef dat hul Nederlandse stamland ’n beskermende hand na hulle sou uitsteek. Gerugte van Nederlandse bemoeienis het ontstaan nadat die skip Brazilia op 24 Maart 1842 in Port Natal aangekom het. Aan boord was ene JA Smellekamp wat die Trekkers goedgesind was en verwagtinge van Nederlandse ingryping by hulle gewek het.

Hierdie gerugte het egter juis Brittanje sneller laat optree. Terwyl hy tevore wars van uitbreiding was, is die anneksasie van Natal eensklaps goedgekeur en het die goewerneur sir George Napier Natal op 12 Mei 1842 by wyse van proklamasie tot Britse kolonie verklaar.

’n Maand later, op 9 Junie, het Henry Cloete, wat as kommissaris in Natal benoem is, die proklamasie van 12 Mei op ’n byeenkoms van 400-500 Trekkers in Pietermaritzburg uiteengesit. Dit was ’n bra stormagtige byeenkoms. Weens weerstand onder ’n groep Trekkers het dit tot 8 Augustus 1842 gesloer voordat die Volksraad die proklamasie van 12 Mei aanvaar het. Vergeefs die bloed wat aan Trekkerkant vir onafhanklike bestaan gestort is.

Posted 41 minutes ago

Eskom’s Technical Task Team

Eskom’s Technical Task Team

Posted 19 hours ago

Eskom RaadopSaal

Eskom RaadopSaal

Posted 1 day ago

Vandag in die Geskiedenis: 22 Maart 1896

Ons Klyntji was die eerste en by sy verskyning die enigste tydskrif in Afrikaans. Die Patriot, wat in 1876 verskyn het as spreekbuis vir die taalstrewe van die Genootskap vir Regte Afrikaners, het mettertyd in ’n nuusblad verander en het ongewild geraak, veral as gevolg van die veranderde politieke beleid van ds. SJ du Toit.

Om die taalstryd voort te sit, moes ’n nuwe medium gevind word. Op die eerste Afrikaanse taalkongres gehou in die Paarl in Januarie 1896 ter viering van die twintigste verjaardag van Die Patriot, is besluit om ’n Afrikaanse tydskrif in die lewe te roep wat neutraal sou staan ten opsigte van die politieke vraagstukke van daardie tyd, met SJ du Toit as redakteur.

Die tydskrif is dadelik goed ontvang deur die Afrikaner. Na 1900 het dit egter finansieel, veral as gevolg van die Anglo-Boereoorlog, al hoe slegter met Ons Klyntji gegaan, en in 1906 het die laaste uitgawe van die tydskrif verskyn.

Posted 1 day ago

Vandag in die Geskiedenis: 18 Maart 1834

18 Maart 1834: Maria Koopmans-De Wet gebore Maria Margaretha Koopmans-De Wet is in Kaapstad gebore uit een van die vooraanstaande Kaapse families. As jong dogter is sy aangegryp deur die lotgevalle van die Voortrekkers, die totstandkoming van die twee Boererepublieke en die Anti-Bandietebeweging – almal gebeurtenisse wat bygedra het om ’n vurige patriotisme te ontwikkel.

Haar woning in Strandstraat 23 het die bymekaarkomplek geword van vooraanstaande Kaapse persone en selfs Boerepresidente. Sy het daarna gestreef om die Kaaps-Hollandse tradisies en leefwyse in ere te hou deur haar te beywer vir die bewaring van die volkseie, beskerming van die inheemse flora en die bewaring van die Kasteel.

Sy lewer ook ’n wesenlike bydrae tot die uitbouing van die Hollandse taal, maar dit was veral tydens die Anglo-Boereoorlog dat haar volksdiens tot ’n hoogtepunt uitgevoer is. Haar woning het terselfdertyd die versamelplek geword van goedere wat vir Boerekrygsgevangenes en die Konsentrasiekampe bestem was. Sy is op 2 Augustus 1906 oorlede.

Posted 2 days ago

Suid-Afrika en sy ANC-Leierskap

Suid-Afrika en sy ANC-Leierskap

Posted 2 days ago
tumblr photo tumblr photo tumblr photo tumblr photo tumblr photo tumblr photo
Posted 2 days ago

Vandag in die Geskiedenis: 19 Maart 1906

Die Afrikaner wil voortleef

“Dit is asof die Here ons patriotisme nou dat ons uitgeroei is, beproef om te sien hoe sterk ons nasionaliteit is. Weet dit: as God u as Afrikaners in die wêreld gebring het, verwag Hy ook dat u as Afrikaner sal sterf.”

So het genl. Beyers, volgens ’n berig op die dag in De Volkstem in Pretoria gesê. Dit was kenmerkend van verskeie uitsprake deur politieke en kerklike leiers in die donker jare na die Anglo-Boereoorlog oor die Afrikaner se wil om voort te leef. Ds. HS Bosman sê in sy groeteboodskap van die Transvaalse Kerk aan die Kaapse Sinode: “Ons Kerk is onder, maar niet dood … ons volk is onder, maar niet dood.”

Ds. HC de Wet: “Wij blijven Afrikaners.” En genl. CR de Wet, die vasberade bittereinder, het met pres. Kruger se begrafnis op 16 Desember 1904 gesê: “Onze plicht is het te strijden voor de toekomst.”

Posted 2 days ago

Vandag in die Geskiedenis: 21 Maart 1881

Op Geloftedag 1880 het die eerste skoot van die Transvaalse Vryheidsoorlog op Potchefstroom geklap, en op 27 Februarie 1881 het die laaste geveg, ’n glansryke oorwinning vir die Boere op Amajuba plaasgevind. ’n Wapenstilstand het gevolg, en pres. JH Brand van die Oranje-Vrystaat het op die toneel verskyn om as onpartydige vriend en raadgewer die onderhandelinge tussen die Boere en Britse verteenwoordigers op 21 Maart 1881 in RC O’Neil se huis by te woon.

’n Ooreenkoms is bereik, waardeur die driemanskap van Transvaal, SJP Kruger, PJ Joubert en MW Pretorius, onderneem het om Britse susereiniteit te aanvaar. Op 3 Augustus 1881 is die Konvensie van Pretoria deur die lede van ’n koninklike kommissie aan die een kant en deur die Transvaalse driemanskap aan die ander kant onderteken. Van dié datum af het Transvaal weer selfbestuur verkry, onderworpe aan die susereiniteit van die Britse kroon, en hy sou voortaan as die Transvaalstaat bekend staan.

Deur die Londen-konvensie van 27 Februarie 1884 is die naam Zuid-Afrikaansche Republiek in ere herstel en het die republiek ’n soewerein onafhanklike staat sonder Britse susereiniteit geword.

Posted 2 days ago

Dae uit ons Geskiedenis 6 April 1652

Posted by Paul Joubert on Thursday, April 6, 2017 Under: Ons Geskiedenis

Dae uit ons Geskiedenis 6 April 1652

Aankoms van Jan van Riebeeck aan die Kaap

Nadat die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie besluit het om 'n ververskingspos aan die Kaap te vestig, is Jan van Riebeeck benoem as die bevelvoerder aldaar en vertrek op 24 Desember 1651 uit Texel, Nederland, met 'n vloot van drie skepe. Hulle gooi op 6 April 1652 anker in Tafelbaai met die Drommedaris en die Goode Hoope. Die Reyger het die volgende dag aangekom, en die Walvis en die Olifant, wat 'n bietjie later vertrek het, kom op 7 Mei aan.

Die nedersetting aan die Kaap sou bestuur word deur die Here XVII, namens die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC), met Jan van Riebeeck as opperhoof en 'n Raad wat saam met hom die bestuur sou behartig. Hierdie 'regering' van die Kaap het reeds ter seë sy beslag gekry.

Hulle opdrag aan Jan van Riebeeck was duidelik: hy moes 'n nedersetting aan die Kaap verstig wat verversings aan verbygaande skepe moes voorsien; hy moes 'n fort bou wat ongeveer 80 mense kon huisves, tuinmaak, vrugtebome plant en 'n mas oprig waarmee seine aan skepe gegee kon word. Van Riebeeck skryf in sy dagboek dat hy deur die genade van God op 6 April sy bestemming bereik het, en dat die bouwerk aan die fort op 10 April begin het.

Min het Jan van Riebeeck besef dat dit die geboorte van 'n nuwe Nederlandse kolonie sou wees, hoewel dit nie die aanvanklike bedoeling was nie. Hierdie kolonie sou mettertyd uitbrei en verreikende gevolge hê vir die destydse samelewing aan die Kaap en die latere Suid-Afrika. Dit was die begin van die vestiging van die Europese leefwyse en kultuur aan die suidpunt van Afrika. Met verloop  van tyd sou dit in botsing kom met die inheemse bewoners van die gebied.

Maar die wedersydse wisselwerking met die inheemse kulture, asook die bykomende invloed van die slawe met hulle eiesoortige kulture, sou 'n baie unieke en kleurryke Suid-Afrikaanse kultuur uiteindelik tot stand laat kom.

Volgens die gebed wat hy moes voorlees by elke raadsitting, moet al sy doen en late strek 'tot grootmaeckinge van (Godes) alderheylighsten naeme ende den meesten dienst van onsen Heeren ende Meesters.'

Dae uit ons Geskiedenis
'n Afrikaanse Kultuur-Historiese Dagboek
Saamgestel deur die Vriende van Afrikaans
ISBN 978-0-9814177-6-9

In : Ons Geskiedenis

Tags: aankoms van jan van riebeeck aan die kaap  6 april 1652  texel nederland  drommedaris  goode hoope  die reyger  walvis  olifant  dae uit ons geskiedenis
www.myvolk.co.za Logo

Make a free website with Yola