Die Suid-Afrikaanse Lugdiens en Lugveiligheid

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is een van die oudste lugrederye ter wêreld en het op 1 Februarie 1934 tot stand gekom. Alhoewel hy met 'n uitstekende rekord vir lugveiligheid spog, is daar tog 'n paar gevalle wat aandag verdien. 
  • Op 14 Junie 1937 het 'n gehuurde Ju 52-vliegtuig Z5-AKY net na opstyging by die Randse Lughawe in Germiston, Gauteng, neergestort. Die vliegtuig het uitgebrand en 'n ouerige vrou het gesterf
  • Op 16 Oktober 1937 het die enigste oorblywende W 34Z5-AEC vliegtuig by George lughawe (Suid-Kaap) neergestort terwyl dit pos vanaf Durban na Kaapstad vervoer het. Albei die bemanningslede het gesterf
  • Gedurende 1960 het 'n Dakota teen Katberg naby Balfour, Oos-Kaap vasgevlieg en die twee vlieëniers is dood
  • 'n Viscount passasiersvliegtuig, Rietbok, stort op 13 Maart 1967 in die see naby Oos-Londen, Oos-Kaap en altesaam 25 mense sterf
  • 'n Splinternuwe Boeing 707 straler, die Pretoria, stort op 20 April 1968 kort na opstyging vanaf die J.G. Strijdom-lughawe, Windhoek (tans Namibië), neer en 123 van die 129 mense aan boord sterf
  • Op 24 Mei 1972 kaap Fouad 'Flash' Fred Kamil 'n Boeing 727, die Letaba. Dit is die eerste kaping van 'n SAL vliegtuig
  • Op 28 November 1987 stort die Boeing 747 Kombi ZS-SAS, die Helderberg, 134 seemyl noord-oos van die Plaisance Lughawe op Mauritius in die see en al 159 mense aan boord sterf. Die vliegtuig op vlug 295 was vanaf die Tsjiang Kai-sjek lughawe in Taipei na Mauritius onderweg toe Kapt. Dawie Uys sekondes na middredag die lughawe in kennis gestel het dat daar rook in die vliegtuig was en dat hy volgens die voorgeskrewe noodprosedures optree. Vanaf 00:08 is niks verder van die vliegtuig verneem nie. Talle vliegtuie, helikopters en skepe het aan die soektog na oorlewendes deelgeneem, maar die soektog is op 30 November 1987 afgelas. Die raaisel van die oorsaak van die ongeluk het uitgeloop op 'n ondersoek wat miljoene rande gekos het
Dae uit ons Geskiedenis
'n Afrikaanse Kultuur-historiese dagboek
Saamgestel deur die Vriende van Afrikaans
ISBN 978-0-9814177-6-9