Die Fischer-Famlie
Abraham
Fischer, 9 April 1850 - 13 November 1913, was regspraktisyn, advokaat
en politieke leier in die Oranje-Vrystaat. Hy word in Maart 1900
voorsitter van 'n buitengewone gesantskap wat na Europa gestuur word om
die tussenkoms van een of meer van die grotere moonthede in die
Anglo-Boereoorlog te probeer bewerkstellig.
Na die oorlog beywer
hy hom vir die verkryging van volle verantwoordelikhede bestuur vir die
Oranje-Vrystaat en toe hierdie ideaal in November 1907 werklikheid word,
word hy Eerste Minister van die Oranje-Vrystaat. As Vrystaatse
afgevaardigede by die Nasionale Konvensie speel hy 'n belangrike rol in
die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika en word later in die
eerste Unie-kabinet van genl. Louis Botha aangestel.
Percy Ulrich Fisher was die tweede oudste seun van die egpaar Abraham en Ada (Robertson) Fischer. Hy was hoofregter van die hooggeregshof van die Oranje-Vrystaat en was die vader van Abraham (Bram) Fischer.
Bram
verwerf die grade B.A. en LL.B. Hy was 'n knap student, asook 'n
uitblinker in tennis en rugby. Hy word 'n Rhodes-student aan Oxford,
Engeland, in 1932, waar hy onder die invloed van die radikale linkses
kom. Hy besoek Rusland en is hoogs beindruk. Na sy terugkeer na SA in
1935 word hy advokaat en in 1952 koningsadvokaat.
Dit is onseker
wanneer hy lid van die Kommunistiese Party van Suid-Afrika (KPSA) geword
het. Hy word in 1964 aangekla onder die Wet op die Onderdrukking van
Kommunisme maar 'verdwyn' op 25 Januarie 1965 en aanvaar die skuilnaam,
'Douglas Black'. Hy word opgespoor en op sorg van sy broer, dr. Paul
Fischer geplaas. Hy sterf op 8 Mei 1975.
Hierdie saggeaarde en
hulpvaardige mens met sy sterk leierseienskappe en skerp intellek was
vir talle die simbool van 'n aarts-terroris, by ander 'n tragiese figuur
wat deur gebeure fyngemaal is en vir die ander die versinnebeeld hy hoop vir die toekoms as kampvegter vir gelykheid en geregtigheid.
Dae uit ons Geskiedenis
'n Afrikaanse Kultuur-historise Dagboek
Saamgestel deur Die Vriende van Afrikaans
ISBN 978-0-9814177-6-9
In : Ons Geskiedenis
Tags:
abraham fischer
abraham en ada robertson fischer
bram fischer
douglas black
dr. paul fischer